Kos (eiland)

Kos
Inheemse naam: Κως
Kos vanuit de ruimte
Kos vanuit de ruimte
Geografie

Ligging Egeïese See
Koördinate 36°49′N 25°6′O / 36.817°N 25.100°O / 36.817; 25.100
Argipel Dodekanesos

Hoogste punt Dikeos (846 m)
Administrasie
Vlag van Griekeland Griekeland

Demografie
Bevolking 33 300

Haven van Kos
Die asklepieion op Kos

Kos (Grieks: Κως) is 'n eiland in die ooste van die Egeïese See, wat aan Griekeland behoort. Kos is die derde grootste eiland van die Dodekanesos, die Twaalf Eilande. Die hoofstad van die eiland is die dorp met dieselfde naam, Kos, wat in die noordooste van die eiland geleë is. Die eiland is aan die kus van Turkye by Bodrum geleë, noordwes van Rodos en suidoos van Samos . Kos is ook die naam van die munisipaliteit (δήμος, dimos), waaraan die stad Kos behoort.

Die eiland is 40 km by 8 km groot en het 'n oppervlakte van ongeveer 290 km². By die 2011-sensus het die eiland 'n bevolking van 33 300 gehad. Hierdie inwoners is oor drie sub-munisipaliteite verdeel: Dikaio, Irakleides en Kos-dorp. Toerisme is 'n baie belangrike bron van inkomste vir Kos.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search